Hierdie webblad se doelstellings is die volgende

 

Om al die plaasmoorde in Suid-Afrika sedert die ANC se bewind aanvaarding in 1994 aan te teken.

 

Om alle plaasaanvalle in Suid-Afrika sedert 1994 aan te teken.

 

Om die geldelike verliese wat as gevolg van plaasaanvalle ontstaan het aan te teken en van die Staat te eis.

 

Om die wreedheid en geweld van die aanvalle onder die wêreld se aandag te bring.

 

Om die onvermoë van die huidige regering om die veiligheid van sy inwoners te verseker onder die wêreld se aandag te bring.

 

Om die regering tot verantwoording te roep.

 

Die lyste van plaasaanvalle en moorde soos hier geplaas is nie volledig nie.

 

Help ons om die lyste so volledig moontlik en korrek te kry deur besonderhede of veranderings aan ons te stuur.

 

Slegs met u hulp en samewerking kan hierdie webblad tot sy volle reg kom.