|
'Die Stem' van 'n Boer |
|
In die melodie van Die Stem |
|
CJ Langenhoven |
|
Abrie JF Kilian |
|
|
|
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see, |
|
Rooi die bloed van onse mense oor die plase afgevee. |
|
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee. |
|
Klink die gil van 'n bejaarde toe 'n aanvaller haar betree. |
|
Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa |
|
Hoor ek die benoude uitroep, van 'n boer wat na hulp vra |
|
|
|
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika. |
|
Nog 'n boer is wreed vermoor, wat die media glad nie pla: |
|
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra: |
|
Uit die land! Sê die minister, as jul oor die misdaad kla. |
|
Ons sal lewe, ons sal sterwe - ons vir jou, Suid-Afrika |
|
Hul verdiende loon sê almal, word geuiter agterna. |
|
|
|
Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: |
|
Kom die aanvaller in die dag, om te moor en af te knou |
|
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou |
|
|
|
Trane oor haar sagte wange, verkrag vermoorde vrou |
|
Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly: |
|
Smekend soebat na genade, het die mes oor'd keel gegly. |
|
|
|
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry. |
|
Goddeloos in diepe wese, het genot in moord verkry. |
|
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer |
|
'n Regering sonder dade, harte ongenesend seer. |
|
|
|
Ons moet op staan, saam staan, voort gaan en ons self voor God bekeer |
|
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer. |